Luister nou na Frans Kook

 

 

 

 

 

 

 

 

 

passion fm

 

Waterberg Stereo

 

Jou Radio logo

Hartlik welkom by FRANS KOOK! 

Ek was nog maar altyd so ‘n bietjie van ‘n amateur kok wat eksperimenteer met kos.  Kosmaak is vir my ontspanning.  Ek kan byvoorbeeld glad nie kosmaak as ek nie ‘n lekker bottle yskoue Chauvignon Blanc oopgemaak het nie en dit hier neffens my het nie.  Kosmaak is vir my totale ontspanning en as ek kosmaak vergeet ek totaal van alle goed wat my pla.  Hannelie, my vrou, en Grace ons staatmaker  in die huis, sê hulle kan dit sien, want hulle moet na my kosmaak ekspedisie, omtrent die kombuis laat skrop soos ek kos gemaak het.

Kosmaak is vir my ‘n totale sosiale affere.  Ek kan nie vir my alleen kos maak nie.  Nee man, dan gooi ek sommer ‘n stuk polonie op ‘n snytjie vars brood.  Mense moet om aansit!  (Kyk ek is ‘n succer vir ‘n lekker aansitete.  Dis asof mens dan net lekkerder kuier!)  Ons moet die kos bespreek. Ons moet wyn drink.  Ons moet nog inskep.  En ons moet kuier en gesels!  Veral kuier.

Ek saai al my hele lewe lank uit.  My tande gesluip by die destydse Springbok Radio.  Drama studeer by die Akademie vir Dramakuns onder leiding van my mentor, juffrou Aletta Gericke.  Daarna by die ou Afrikaanse diens (nou RSG) en toe vir die afgelope 20 jaar by Oos-Rand Stereo.  Dit was daarom net ‘n natuurlike uitvloeisel dat ek kos en radio sou “pair” – soos mens deesdae wyn en kos “pair”.

Radio bly vir my die lekkerste van lekker media.  Seker omdat radio so totaal onmiddellik is.  Juis daarom is ons baie opgewonde oor FRANS KOOK! landwyd op verskeie radiostasies.  Lekker man!  Ons spyskaart is opwindend:

  • Maandae maak ek ‘n lekker kitskosgereggie – mens is mos nie lus vir lank kook op ‘n Maandag en na die naweek se doodeet nie.
  • Dinsdae kom ‘n bekende ateljee toe en deel sy of haar resep met ons.
  • Woensdae gee ek vir julle my gunsteling gereg van die week
  • Donderdae kom wynmeester en koskenner, Bennie Howard aan die beurt
  • Vrydae gee een van ons luisteraars sy of haar gunsteling resep
  • Saterdae braai ons!  Hoe dan nou anders?

Ons is baie bevoorreg om reeds op 12 radiostasies FRANS KOOK!  uit te saai.  Baie dankie aan:

Kyk asseblief na die verskillende uitstaaitye by Radiostasies.

Ons gaan saamkook hier by FRANS KOOK!, maar veral ook lekker saam gesels.  Gaan LIKE ons op Facebook by FRANS KOOK! en stuur gerus vir ons ‘n epos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  Stuur ook jou gunsteling resep vir ons aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Hoe om af te laai: regs kliek op die reseptekaart, en kliek SAVE AS, en dan stoor jy die resepkaart direk op jou rekenaar.

Baie welkom by FRANS KOOK! 

Groete

Frans Swart


Hier is hierdie week se resepte.

Salami-pizza met Jalepeno

Bunny Chow

Kanadese Poutine

lees meer

 

Bennie Howard 

Ontbyttertjies

Marmite en Kaas Sirloin

 

 

 

Soek jou resep

Borge

 

Stuur jou gunsteling resep vir ons